GRAAFF-REINET NUUS - Volkskool se Mini-Krieketseuns (onder 9's) het Dinsdag, 28 Februarie 2023, 'n wedstryd teen Laerskool Gill in Somerset-Oos gespeel. Volkskool se onder 9's het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Die seuns het brilliant geboul en het die Gill manne ore aangesit. Die beste bouler was Gustav Vermeulen wat een paaltjie gekry het en het net 1 lopie afgestaan.
Gill het aan die einde 23 lopies met die kolf aangeteken.
Volkskool se klein ysters het goed begin met kolf, maar die lopies het in die tweede helfte opgedroog. Die beste kolwers was JJ van Schalkwyk met 6 lopies en Franco Wolfaardt met 6 lopies.
Volkskool se seuns het kort geval en het verloor met 8 lopies.
0.11 seuns wen
Laer Volkskool se o.11 krieketseuns het op die dag geseevier in hulle 20 boulbeurt wedstryd teen Laerskool Gill. LVS het die wedstryd met 10 paaltjies gewen. LVS se beste boulprestasie het gegaan aan PG Lambrechts wat 3 paaltjies geneem het. Die beste kolwer het gegaan aan Eben Lötter met 12 lopies. Die spelers het goeie karakter op die veld gewys. Welgedaan!
Foto's: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'