GRAAFF-REINET NUUS - Die Karoo-lus Fees word die eerskomende naweek deur hoofborge Montego Pet Nutrition, ABSA en Octofin in Graaff-Reinet aangebied.
As jy self wil sien waaroor die bohaai gaan, maak 'n draai by die Botaniese Sportgronde dié naweek en aanskou hoe dié dutjiesdorp tydens Karoo-lus ontwaak.
Dit is immers wanneer Graaff-Reinet op sy beste is!
Feesgangers kan hier net die beste Suid-Afrikaanse kunstenaars, heerlike kos, hand- en kunswerk en kindervermaak geniet.
Die jaar se Karoo-lus Fees bied van die beste feeskosse aan met talle stalletjiehouers om van te kies en keur, elk met sy eie tema.Vermaak vir die kinders en jonges van gees sal weer volop wees by dié jaar se fees, met tonne speelgoedstalletjies sowel as 'n hele pretpark met karnavalritte tot hul beskikking.
Al dié pret maak 'n mens ook dors - die Karoo-lus Fees sal nie teleurstel nie, die biertuin sal lafenis bied teen die dag se dors en hitte.
• Besoek www.karoolus.co.za of "like" die Facebook-blad om op die hoogte te bly van alles wat gebeur.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'