KAROO NUUS - 'n Bekende sakevrou, perdeteler en ruiter, Ezelle Marais van die plaas Gallantskloof by Cookhouse se Indiana Cape Boerperd Stud het met die louere weggestap tydens die Somerset-Oos-landbouskou waar die Kaapse Boerperd SA-kampioenskappe van 15 en 16 September aangebied is.
Haar perde het die volgende toekennings ontvang:
- SA senior kampioen merrie: Indiana Roxy
- SA senior kampioen hings: Indiana Hiersek
- SA reserwe senior kampioen hings: Indiana Clinton
- SA kamp kinderryperd ruiter o.10: Indiana Mademoizel, met Ilke Bosch as ruiter
- SA kampioen siertuig: Indiana Hiersek, met Ezelle Marais in beheer.
- SA kampioen drie-gang: Indiana Hiersek, met ruiter Reagan Elreagan Makwena
- SA kampioen vyf-gang top drie: Indiana Clinton, met Ezelle Marais as ruiter.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’