GRAAFF-REINET NUUS - Die Ikamva spesiale skool vir gestremdes het van sy leerders vir 'n heerlik uitstappie na die Vallei van Verlatenheid geneem waar hulle die natuurskoon kon bewonder en aan eet- en drinkgoed weglê.
Dié uitstappie is moontlik gemaak deur die ruim ondersteuning van die Trinity Metodiste kerk en Bluesky It Express van Sam Kroon.
By die groepie kinders staan Andrew Hermanus, skoolhoof van die Progressive Ikamva Spesiale Skool vir Gestremdes (agter met blou hemp) en Mariana Evans van die Trinity Metodiste kerk.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'