Gallery
JANSENVILLE NUUS - Op 14 Februarie, was dit oral Valentynsdag, en daarom is inwoners van Huis Welverdiend en Whitlock Care Centre, beide in Jansenville, gevra om rooi aan te trek. En het hulle nie!
"Ek self is nie 'n voorstander van oorle oom Valentyn nie," deel Leoné Muldet, bestuurder van Huis Welverdiend mee.
FOTOGALERY: Valentynsdag by Huis Welverdiend en Whitlock Care Centre
"Maar as Christen het ek besluit om nie vandag, soos elke dag net in liefde te leef nie, maar om fisies liefde te gee!"
Wat 'n fees was dit nie in Huis Welverdiend nie. Inwoners het besef hierdie dag gaan anders wees, toe Leoné met ontbyt reeds in die eetsaal ingewarrel kom met 'n bloedrooi rok.
Personeel was ook in rooi geklee en elkeen het uit hul pad gegaan om die dag vreugdevol te maak.
Die inwoners van Whitlock Care Centre het ook later aangesluit en het die kuier terdeë geniet!
v.l.n.r Carien Koen en Leoné Mulder van Huis Welverdiend maak ñ groot verskil in inwoners van Huis Welverdiend se lewens.
'Ons bring jou die nuutste Jansenville, Karoo nuus'