HOFMEYR NUUS - Inwoners van Huis Welverdiend in Jansenville het behoorlik die uitdaging wat Hofmeyr Hugs of Hope (HHH) aan hulle gestel het, ter harte geneem.
Die instansie, Hofmeyer Hugs op Hope, het verlede jaar met 'n besoek aan die tehuis die inwoners uitgedaag om vir hulle teddiebeer-ontwerpe saam te stel wat die instansie dan op kussings sou verewig met lap.
Leoné Mulder, bestuurder van die tehuis, vertel dat die inwoners druk besig is met die uitdaging en dat hulle baie geheimsinnig is oor hulle ontwerpe totdat dit by die kantoor ingehandig word.
"Die inwoners ontwerp nie nou net die teddiebeer nie, hulle maak dit sommer ook self in hulle kunsklasse," sê sy.
Volgens Mulder is almal baie beïndruk met die handewerk. Die finale beoordeling sal die beste teddiebeer-ontwerp aanwys.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’