KAROO NUUS - Huis Welverdiend in Jansenville het hierdie jaar weer 'n puik Vrouedag, 9 Augustus, vir die vroue van die tehuis aangebied.
Ds. Willie Smith, van die NG Kerk het die verrigtinge met Psalm 23 geopen. Daarna het Vuyo Mtike, maatskaplike werker, betrokke by Nonceba Service Centre for the Aged almal verwelkom.
Leoné Mulder, bestuurder van Huis Welverdiend het die doel van Internasionale Vrouedag met gaste gedeel.
Mulder het ook gesê dat alhoewel daar na hulle verwys word as 'yesterday's hero's' hulle nog steeds 'n integrale deel van die gemeenskap vorm en 'n spesifieke doel op aarde het.
Verskeie ander sprekers het hul boodskap van hoop en opheffing oorgedra. Inwoners het ook die kans gekry om saam op die maat van Lyfie deur Bernice West te sing en te dans om sodoende die boodskap uit te dra dat elke vrou deur die Here mooi geskape is.
Die gelukstrekkings het vir groot opgewondenheid gesorg. Met teetyd is komkommerbroodjies en nog ander smulhappies bedien.
Na die formaliteite afgehandel is, is die inwoners en gaste se grimering, hare en naels gedoen en kon hulle lekker agteroorsit vir 'n voetmassering.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’