HOFMEYR NUUS - Hofmeyr Hugs of Hope het die week 'n reuseskenking vanaf Swartwater op die Botswana-grens ontvang.
"Hester Botha het die afgelope week vanaf Swartwater na Hofmeyr gereis om donasies na Hofmeyr Hugs of Hope te bring," vertel Linda Opperman.
Sy sê Botha het 'n donasie van groot hoeveelhede materiale uit haar eie voorraad saamgebring. Sy het ook 'n donasie gebring vanaf die Bernina-hoofkantoor in Aucklandpark.
Bertie Stevens van Bernina Suid-Afrika het Hugs, kort na die beeldsending van die Dankie Lottoland-program, telefonies gekontak en 'n donasie belowe.
Twee naaimasjiene, waarvan een 'n splinternuwe masjien, het deel gevorm van dié donasie, wat ook naaldwerktoerusting ingesluit het.
Daar is ook op die dag besoek afgelê by talle projekte van Hofmeyr Hugs of Hope.
'Ons bring jou die nuutste Hofmeyr, Karoo nuus'