KAROO NUUS - Altesaam 16 naaldwerkers het Donderdag 25 Mei by Huis Alida van der Merwe, die naaldwerk-opleidingsentrum van Hofmeyr Hugs of Hope, opgedaag om opleiding te ontvang in onder meer, die stappe wat in naaldwerk gevolg word, jou naaldwerkmasjiene te ken en trots op jou werk te wees.
Tydens beurtkrag het die dames onverpoos voortgegaan met ryg- en knipwerk, knope uitgesoek, naaldwerkmasjiene skoongemaak ens.
"Vir my is hierdie 'n droom wat gerealiseer het, ek het na sewe jaar my omkapmasjien bemeester," sê Mariaan Schoeman, tesourier van Hofmeyr Hugs of Hope.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’