HOFMEYR NUUS - Hofmeyr sal volgende jaar hul 150ste bestaan vier en daar sal oor die volgende 12 maande op 'n gereelde basis feesgeleenthede gehou word.
Die eerste van die feesvieringe het Sondag 29 Oktober plaasgevind met 'n lente-musiekfees in die koraalpienk kerkgebou.
Daar was ook 'n Blommefees in die kerkgebou en 'n lente-kanselkleed is deur Hofmeyr Hugs of Hope onthul.
Die Hofmeyr NG Kerkkoor het saam met die Steynsburg NG Kerkkoor opgetree onder leiding van orrelis Willem van Heerden en dirigent Poppie van Heerden. Die Cradock Voorbereidingskool se koor onder leiding van Ann Bekker het ook verskeie uitvoerings gelewer.
Orreluitvoerings deur orrelis Erine de Kock, 'n gas van Hofmeyr, is ook op die groot pyporrel wat uit 1933 dateer gelewer.
Meer as 200 gaste het die geleentheid bygewoon.
Die volgende feesgeleentheid in Hofmeyr is op 26 November en daarna op 16 Desember wanneer 'n verskeidenheid geleenthede sal plaasvind.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’