Video
GRAAFF-REINET NUUS EN VIDEO - Hoër Volkskool in Graaff-Reinet se Graad 11-lewenswetenskappe-leerders het Maandag, 2 September, 'n besoek aan die leweloses afgelê.
Onder leiding van Lykshuisbestuurder Jacque Wagener, Kapt Duppie du Plessis van die Plaalike Kriminele Rekordsentrum, en vakonderwysser Paula Zandberg, het die 23 leerders in groot afwagting, maar tog onseker oor wat die binnekant van die Foronsesiese Patalogiese Eenheid vir hulle inhou, voor die gebou saamgedrom.
Wagener het hulle na binne begelei, waar hy die onderskeie koelkamers, waar die lyke gestoor word, geneem het. Hy het sy personeel se werksaamhede aan leerders verduidelik.
Du Plessis het die forensiese misdaadtoneeldeskundiges se werk op misdaadtonele verduidelik.
Voor die groot oomblik aangebreek het, waar 'n man wat die vorige nag vermoor is voor die leerders op 'n lykshuistafel vertoon is, het leerders Tiané Lombard en Amoré Cronjé lykshuispersoneel se drag aangetrek, om Wagener en sy personeel by te staan.
Kyk 'n video hieronder:
Die lyk se gesig is toegegooi en geen fisiese outopsie is gedoen nie, maar die leerders is deeglik die werksaamhede van die patologiese eenheid verduidelik. Hulle is ook die kans gegun om die lyk van naby te sien.
Die leerders se ouers moes vooraf toestemming gee dat hul kinders hierdie praktiese opleiding mag bywoon.
Kapt Duppie du Plessis verwelkom die leerders.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'