ABERDEEN NUUS - Hoërskool Aberdeen het onlangs hulle kleure-atletiekbyeenkoms gehou. Die atlete het aan die 100 m, 200 m, 400 m, 800 m, 1 500 m, 3 000 m, gewigstoot en vêrspring in hulle onderskeie spanne deelgeneem.
Die totaal van 30 punte is toegeken aan die atleet wat eerste gekom het, 20 punte vir die tweede plek en 10 punte vir die derde plek.
Aan die einde van die dag is die punte bymekaargetel en was die Rooi- en Blouspan albei wenners met 'n gelykoptelling.
Altesaam 54 atlete het aan die Graaff-Reinet hoërskole-atletiekbyeenkoms op 10 Februarie deelgeneem.
Daar word nog vir die uitslae gewag om te sien of van die atlete na die volgende ronde, wat op 21 Februarie in Port Elizabeth gaan plaasvind, deurgedring het.
Luxolo Intermediêre Skool het ook op die dag met hulle o.14-, o.15- en o.16-atlete, saam met Aberdeen deelgeneem.
Die Blouspan
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’