GRAAFF-REINET NUUS — Die ATKV en die Die Burger se Vlymskerp-vasvrakompetisie het die pas afgelope naweek plaasgevind.
Die span van Hoër Volkskool in Graaff-Reinet - bestaande uit Stephan Lategan, Pierre van der Meerwe, Engeri Fourie en Renier Kemp - is as die wenners aangewys.
Die span het met hul vlymskerp intellek die ander deelnemende skole vanuit die Oos-Kaap stof in die oë geskop om met die beker huiswaarts te keer.
As wenners het die leerders elkeen prysgeld van R1 200 ontvang en 'n wisseltrofee. Hulle het ook talle pryse vir die skool losgeslaan soos 10 HAT-woordeboeke, R5 000 kontant, R10 000 bemarkingswaarde vir 'n advertensie in Die Burger en drie maande se aanlyn-intekening op die koerant.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'