Video
KAROO NUUS EN VIDEO - Wat is lekkerder as heerlike, vars hoemoes? Tuisgemaakte hoemoes! Perfek vir peuselhappies.
Maak so jou eie:
Bestandele:
- 1x blikkie gedreineerde kekertjies
- Halwe teelepel paprika
- ’n Titseltjie rooipeper
- Halwe teelepel knoffel, fyngemaak
- Halwe teelepel sout
- Twee eetlepels suurlemoensap
- Twee eetlepels olie (minder is ook reg, gooi dan ’n bietjie meer water by)
- Twee eetlepels water
Metode
Meng alles saam en maak fyn. Jip, dis so maklik soos dit!
Geniet jou hoemoes met komkommer, wortels of skyfies. Of sommer net so; ons sal vir niemand sê nie, belowe.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'