KIRKWOOD NUUS - 'n Man en vrou is verlede week in Zone 4, Moses Mabida, in hegtenis geneem na die polisie 'n groot hoeveelheid dwelms en koperkabels in hul besit gevind het.
Volgens die woordvoerder van die Oos-Kaapse polisie, het lede van die Cookhouse-snelwegpatrollie tydens 'n intelligensie gedrewe operasie 'n huis deursoek.
"Die dwelms is in die huis gevind en die man en vrou is vir handel in dwelms in hegtenis geneem. Die lede het 496 Mandrax-tablette, die halwe tablette, 41 sakkies tik, nege sakkies kokaïen en R4 362 kontak gekonfiskeer. Die totale waarde van dit wat gevind is beloop R45 000."
Volgens die woordvoerder het die lede onderweg na die polisiestasie twee mans met 'n groot sak sien stap.
"Toe die mans die polisievoertuig sien het hulle weggehardloop en die lede het hulle agterna gesit. Die twee mans kon nie gevang word nie, maar hulle het die sak langs die pad neer gegooi. Die polisie het 50 kg koperkabels, wat vermoedelik gesteel is, in die sak gevind."
Die koperkabels wat gevind is.
'Ons bring jou die nuutste Kirkwood, Karoo nuus'