GRAAFF-REINET NUUS - Boeremusiekklanke gaan Saterdag, 28 Oktober, 'n hele paar dansvoete in Graaff-Reinet laat jeuk.
Die Baaienaars van Port-Elizabeth besoek eersdaags Graaff-Reinet en kan inwoners uitsien na 'n groot boeremusiek-opskop.
Die gewilde orkes sal vanaf 18:30 by die Botaniese Sportklub optree.
Kaartjies is vooraf te koop teen R110 elk (sluit ete in). Tafels van 10 kan ook bespreek word.
Dié is nou die een funksie waar vriende en familie saam kan kuier.
Vir navrae en kaartjies skakel Willie van Rensburg by 083 616 1882.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'