GRAAFF-REINET NUUS - Groep 3 het op Donderdag 23 Februarie hul 19de produksieveiling op die Botaniese-gronde in Graaff-Reinet gehou. Aangebied deur BKB, het telers Theo en Jaco Potgieter, met Kleintjie Pienaar, 44 horing en poenskop merinoramme ten toon gestel. Daar was een onttrekking.
Om 12:00 het BKB se afslaer, JP Marais, sake begin en die hoogste bod van R38 000 is vir lot 15 aan Jan Wiese van Loxton toegeslaan.
Al 44 ramme is verkoop met 'n gemiddelde prys van R10 800.
BKB en Groep 3 bedank hul borge, Voermol, Drostdy Toyota, Tyremart, Kyron Agri en PG Glass, asook alle belangstellendes vir hul teenwoordigheid.
Belangstellendes ondersoek die ramme deeglik voor die veiling.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'