GRAAFF-REINET NEWS - Graaff-Reinet Animal Welfare Society (GRAWS) het onlangs 53 honde in Middelburg gaan haal omdat die diereskut daar, as gevolg van finansiering, doodeenvoudig net nie meer na die diere kon omsien nie.
Carlin Raath, bestuurder van GRAWS het met Graaff-Reinet Advertiser gesels oor die verbeteringe wat hulle gaan aanbring, om diere wat nie hervestig kan word te akkommodeer, en om die skut te beveilig teen diefstal en vandalisme.
Op die stadium huisves die skut gemiddeld sowat 70 diere en is hulle grootliks afhanklik van die publiek se goedhartigheid om dierekos te skenk, "ons grootste bekommernis is om kos aan die diere te voorsien, hier is genoeg liefde."
Raath herinner ook die publiek daaraan dat hulle losies bied aan troeteldiere wanneer eienaars weggaan. "Die troeteldier moet net ingeënt en ontwurm wees," sê Raath.
Sy nooi ook die publiek uit om vir die diere te kom kuier, hokke te help skoonmaak en hulle te neem vir uitstappies.
"Ons glo dat elke troeteldier die reg het op 'n kwaliteit lewe."
Besoek GRAWS se Facebook-blad vir bank- en kontakbesonderhede of hoe om by die organisasie betrokke tre raak.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’