GRAAFF-REINET NUUS - Die blom van die bougainvillea is in volle swang in Graaff-Reinet.
Dit lyk of Graaff-Reinet se nuwe pienk gewaad ook gepaard gaan met warmer weer. Koue weer van vroeër hierdie week is vir eers vergete, met 'n maksimum van 27 °C in die dorp vandag, 30 September. Graaff-Reinet sal wel die naweek weer koeler wees, en welkome reën word vir Vrydag voorspel.
Die pragtige bougainvilleas is betyds vir Tuindag, wat vanjaar op 11 Oktober gevier word.
Vier saam deur foto's van jou tuin met ons te deel.
Stuur 'n foto na paula@groupeditors.co.za of 'n WhatsApp na 076 787 4995, en deel jou geheim vir 'n mooi Karoo-tuin.
In Middelstraat blom dit ook.
Nog bougainvilleas in Somersetstraat.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'