MIDDELBURG NUUS - Die 54ste produksieveiling van Merino-ramme op die plaas Leopardsvlei tussen Middelburg en Richmond op Woensdag, 25 Julie, het heelwat nuwe kopers bygekry.
Almal was dit eens dat die gehalte van die ramme besonders was.
Die aanbieding van 79 ramme is almal verkoop teen gemiddelde prys van R15 300.
Die hoogste prys van R52 000 is betaal vir 'n Silwer ram van Eric Naude wat gekoop is deur Pierre Rust van Britstown en Michael Dippenaar van Swellendam.
Die tweede hooste prys was R42 000 vir 'n ander ram van Eric Naude wat gekoop is deur Louwrens en Pieter de Jager van Brummersdam Bdy Phillipstown.
Stefan Naude het dan ook 'n Silwer ram aan Jacques Esterhuysen van Britstown en 'n Poenskop ram aan Toit Luther van Pearston verkoop. Albei ramme het R35 000 behaal.
Twaalf ramme is vir meer as R20 000 stuk verkoop.
Dit is betekenisvol om te weet dat die prys van kudde ramme in die verlede oor 'n twee jaar siklus gestyg het. Die noemeswaardige styging kan toegeskryf word aan die merkwaardige styging van wol en vleis pryse.
Daar is 'n groot aanvraag na Merino ooie na die groot droogte van 2017 en dit kan ook toegeskryf word aan die beter wol en vleis pryse.
Die ram is verkoop vir R42 000. By hom staan koper Pieter de Jager van Phillipstown, verkoper Eric Naude en Francois Viljoen van CMW.
'Ons bring jou die nuutste Middelburg, Karoo nuus'