CRADOCK NUUS - Cradock-polisie en CDK Sekuriteit het vanoggend, 4 Oktober 'n leidraad ontvang dat 'n Toyota Etios Cross, wat vermoedelik gesteel is, vanaf Graaff Reinet, op pad was na Cradock.
Die polisie en CDK Sekuriteit het 'n padblokkade op die N10, op die Middelburgpad, by die Graaff Reinet afrit, opgestel.
Die voertuig is afgetrek en deursoek en positief as die gesteelde voertuig geidentifiseer. 'n Manlike verdagte (22), is op die toneel in hegtenis geneem en sal eersdaags in die Cradock-landdroshof verskyn.
Beslag is op die wit Toyota Etios Cross gelê.
Erkenning word aan alle rolspelers gegee, NAVIC Kameras, SAPD, SAPD K9, en CDK Sekuriteit.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’