ABERDEEN NUUS - Nadat die gemeenskap vroeg vanoggend rommel en afval in Aberdeen se strate opgetel het en dit by die munisipalitiet gaan aflaai het, het 'n vergadering tussen die belastingbetalers en die munisipaliteit se areabestuurder, Clive Kombani, hand uitgeruk toe aggressiewe munisipale werkers by die vergadering ingestorm en op die mense geskel het.
Kaptein Smit van die Aberdeen SAPS is fisies aangerand.
Die skoonmaakaksie is deur die gemeenskap gereël uit frustrasie oor slegte dienslewering deur die Dr Beyers Naude Plaaslike Munisipaliteit wat ook vir dienste in Aberdeen verantwoordelik is.
Lees meer hieroor in Donderdag se koerant asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Aberdeen, Karoo nuus'