CRADOCK NUUS - Cradock-polisie, in samewerking met SMHART-sekuriteit, het op 11 Junie omstreeks 20:00, inligting ontvang dat 'n verdagte bakkie met 'n sleepwa onderweg was na Cradock vanaf Paterson.
Padblokkades is by die N10-toegangsroete en die Mortimer ingang van Cradock deur SMHART-sekuriteit en polisielede opgestel.
Die voertuig is afgetrek en na die polisiestasie vergesel. Beslag is op twee motorfietse en ses bergfietse, wat onder meubels op die sleepwa versteek was, gevind.
Die insittendes is gearresteer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’