ABERDEEN NUUS - Tydens Sirkel Middelland se VLV-konferensie in die Sun Boardwalk Internasionale Konferensiesentrum in Port Elizabeth, het die Aberdeen VLV tak op verskeie maniere erkenning gekry.
Die Tak het die trofeë ontvang vir uitstaande administrasie, sowel as die derde plek vir die meeste nuwe lede. Annalie Lategan het ook derde plek in woordkuns verower en kry 89% vir haar prosa getiteld 'Niemand het dit verwag nie'.
Verder is Aberdeen se voorsitter, Lea van der Vyver, reeds sedert 2017 sekretaris van Sirkel Middelland en is sy tydens hierdie konferensie ook as visepresident verkies.
Aberdeen VLV nooi vroue in die dorp en omgewing wat nog nie betrokke is nie om as gaste by te woon of te kom aansluit. Die organisasie bied die geleentheid om ander vroue beter te leer ken en saam iets nuuts te leer, om jou talente te ontwikkel en om in die gemeenskap betrokke te raak.
Enige dienende VLV-lid kan genader word in die verband.
Lea van der Vyver aan die woord by die konferensie.
'Ons bring jou die nuutste Aberdeen, Karoo nuus'