GRAAFF-REINET NUUS - Oud, maar beslis nie koud. 'n Stuk of 40 inwoners van die Edenhof-tehuis vir bejaardes het verlede Vrydag self ingespring om 'n safari-middagete voor te sit om Lentedag behoorlik te vier.
Die Edenhoffers het alles self beplan met afsonderlike spanne wat die bestanddele in heerlike voor-, hoof- en nageregte omgetower het.
Matrone Martie Bekker sê die inwoners het geen hulp van die kombuispersoneel af gekry nie en alles self voorberei.
Lentedag was beslis 'n kosfees.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'