GRAAFF-REINET NUUS - Edenhof Dienssentrum in Graaff-Reinet se basaar op 5 Okrober was weerens 'n reuse sukses,
"Dankie vir elkeen se ondersteuning," het bestuurder van Edenhof Martie Bekker aan die Advertiser gesê. Ons inwoners werk so hard om die dag moontlik te maak, en as ons sien hoeveel mense die basaar bywoon, kan ons nie anders as om dankie te sê nie."
'n Pragtige spieël, gemaak deur Petra Rademeyer, het op die dag R3 000 opgelewer, en ingebring is gewen deur Corrie Erasmus. 'n Mooi gehekelde kombers, geskenk deur Lucille Ferreira, is gewen deur Lizel Luiters.
"Dankie vir die Nieu-Bethesda dames wat sorg dat elke inwoner 'n geskenkie ontvang met hulle verjaarsdag, en dan nog baie ander bederfies deur die jaar," het Bekker bygevoeg.
"Die beheerraad en bestuur waardeer elkeen se bydrae."
Lucille Ferreira het ’n gehekelde kombers geskenk.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'