GRAAFF-REINET NUUS -Parsonage Street Home, 'n tehuis vir bejaardes, spog die jaar met drie inwoners wat 100 jaar is.
Die jongste van die drie, Cooks Marais, het op 23 Junie haar 100ste herdenking gevier.
Die drie inwoners Joey van Wyk, Marais en Issie Theron is ook boesemvriende.
Marais het in 2018 in Parsonage Street Home gaan woon.
Sy is in 1922 in Graaff-Reinet gebore en is die oudste dogter van Alphonso en Jacoba Enslin. Sy het vier susters waarvan drie steeds leef. Haar pa het op Waterkrans geboer.
Volgens Marais se dogter Enslie, het sy aanvanklik by 'n plaasskool op Ribboksfontein skoolgegaan en het in st. 3 (gr. 5) by Volkskool aangesluit waar sy haar skoolloopbaan voltooi het. Sy het op daardie stadium by haar ouma gewoon.
Cooks het haar BSc-graad aan die Universiteit Stellenbosch voltooi en haar verpleegopleiding in Pretoria en Kimberley gedoen. Sy het privaat verpleging in Graaff-Reinet gedoen en het as vroedvrou gehelp om heelwat babas in die wêreld te bring.
Sy is in 1952 met John Marais, 'n boer van Klipplaat in die Richmond-distrik, getrou en hulle het drie kinders gehad. John is in 2000 oorlede.
Lees die volledige berig in Donderdag se Graaff-Reinet Advertiser.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'