KAROO NUUS - Drie boere wat langs die Vlekpoortrivier, in die Hofmeyr-distrik boer, het sowat twee weke terug begin om hul enigste toegangsroete te herstel.
Dié grondpadroete was so gehawend dat hul vroue elke Maandag en Vrydag 'n ompad van tot 30 km moes ry om kinders by die skool af en op te laai.
Almal wat van die roete afhanklik is om by hul plaas of veepos uit te kom, het ingestem om met brandstofkostes te help.
Hennie Vermaak en Johan Froehlich besig om die roete meer gangbaar te maak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’