Update
GRAAFF-REINET NUUS - By die eerste nasionale Dohne merino-veiling op die dorp verlede Woensdag 15 Februarie het 'n ram van JH du Plessis van Kareedouw die hoogste bod, R115 000, gehaal.
Die veiling, wat gewoonlik in Bloemfontein gehou word, is deur BKB by die Botaniese-gronde aangebied en ook nasionaal gebeeldsend.
Afslaer, Gert Jordaan van BKB, sê 10 telers het met hul spogvee van Molteno, Bredasdorp, Cradock, Wepener, Elsenburg en ander dorpe na Graaff-Reinet gereis en van die 28 ramme, is 25 verkoop vir 'n gemiddelde prys van R29 480 elk.
So sê mens
Terloops, Dohne word uitgespreek soos in Engels, Do knee.
Ons sou egter dink jy spreek dit uit soos in Afrikaans: "Dohne, maar dis 'n duur ram!"
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'