CRADOCK NUUS - Die diereskuiling in Cradock is deur diep waters tydens en ná die grendeltyd aangesien hulle met verwaarloosde diere oorval is.
Om dinge te vererger het hulle nie geld gehad om personeel aan te stel om na die diere om te sien nie.
Hokke was later te min, voedingskrisisse het opgeduik en daar moes diep gedelf word in vrywilligers se sakke om al die diere te versorg. Verskeie fondsinsamelingsprojekte is van stapel gestuur om 'n verandering te bewerkstellig.
Daar is nou reeds nuwe hokke vir katte ingerig en daar word daagliks ure bestee om die terrein op te gradeer.
'Ons bring jou die nuutste Cradock, Karoo nuus'