Gallery
CRADOCK NUUS - "Ons koskaste is leeg en ons diere is honger en koud. Ons ervaar onbeskryflike nood om ons diere gevoed en versorg te hou." So sê Talita de Wilde van die Cradock-diereskuiling.
"Wydverspreide hulpversoeke is uitgestuur en klein hoeveelhede hondekos en mieliepap dra ons van dag tot dag. Ons benodig ook dringend ou vloermatte en enige ou komberse waarmee ons ons diere teen die ergste winterkoue, wat hierdie jaar baie vroeg opgedaag het, kan beskerm.
"Hofmeyr Hugs of Hope het ook met ons 'n samewerkingsooreenkoms gesluit en alle ander donasies, uitgesluit honde- en katkos, kombersies en kontant, sal deur Hugs van Cradock-diereskuiling oorgekoop word om ons in staat te stel om die nodige aan te koop."
Cradock-diereskuiling het ook talle pragtige honde en katte beskikbaar vir aanneming aan goedgekeurde huise.
"Ons het op dié stadium 90 honde wat vyf 25 kg-sakke hondekos per dag eet, en 20 katte wat 10 kg-katkos daagliks eet. Ons gebruik ook drie 10 kg-mieliemeel, of rys per dag wat gekook word om saam met hondekos voor te sit. Vleisoorskot, veral nou tydens jagseisoen, is ook baie welkom.
FOTOGALERY: Die koskaste is leeg by Cradock-diereskuiling
"Dit is vir ons diere 'n groot bederf. Dan vra ons ook dat huishoudings weer 'n plastiese winkelsak in hul vrieskas hou, en elke dag hul oorskiet daarin gooi. Enige gekookte kos van borde af of uit kastrolle en opdienbakke.
"Ons het elke kriesel kos nodig. Kontak ons vir reëlings wanneer dié inkopiesakke met bevrore kos vol is."
Enigiemand wat 'n donasie wil maak kan die skuiling by 073 933 2997 kontak.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Cradock, Karoo nuus'