CRADOCK NUUS - "Ons koskaste is leeg en ons diere is honger en koud. Ons ervaar onbeskryflike nood om ons diere gevoed en versorg te hou." So sê Talita de Wilde van die Cradock-diereskuiling.
"Wydverspreide hulpversoeke is uitgestuur en klein hoeveelhede hondekos en mieliepap dra ons van dag tot dag. Ons benodig ook dringend ou vloermatte en enige ou komberse waarmee ons ons diere teen die ergste winterkoue, wat hierdie jaar baie vroeg opgedaag het, kan beskerm.
"Hofmeyr Hugs of Hope het ook met ons 'n samewerkingsooreenkoms gesluit en alle ander donasies, uitgesluit honde- en katkos, kombersies en kontant, sal deur Hugs van Cradock-diereskuiling oorgekoop word om ons in staat te stel om die nodige aan te koop."
Cradock-diereskuiling het ook talle pragtige honde en katte beskikbaar vir aanneming aan goedgekeurde huise.
Lees meer in Donderdag se Graaff-Reinet Advertiser, as ook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Cradock, Karoo nuus'