KAROO NUUS - "Hoezit, julle? My naam is Kerneels, want ek is 'n klein skilpad met 'n groot persoonlikheid.
"Ek is baie dankbaar dat ek dié naam het, te veel van ons is maar net 'Skillie'. Ek het ander eienaars, maar verkies dit om op die grasperk van Monica Bredenkamp van Graaff-Reinet te kuier.
"Sy is 'n oulike verpleegster, kan julle my blameer?
"In my vrye tyd doen ek graag niks nie, en ek volg 'n streng dieet van blare: ek hou my figuur dop."
Send a photo and information of your beloved pet to paula@groupeditors.co.za
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'