GRAAFF-REINET NUUS - Die springbokjagkompetisie van 2021 sal uitstaan as 'n hoogtepunt in die geskiedenis van dié jaarlikse mededinging. 27 jagspanne met 108 jagters het vanjaar aan Huis Cronjé in Graaff-Reinet se springbokjagkompetisie deelgeneem.
Vanjaar se kompetisie was 'n uitdagende projek vir al die betrokkenes. Met die langdurige droogte wat boere in 'n wurggreep het, was plase met volop springbokke maar skaars en die waglys vir jagplek is en bly lank.
Boonop het die Covid-19-pandemie niemand onaangeraak gelaat nie. Danksy die samewerking en inskiklikheid van die sake- en boeregemeenskap kon Huis Cronje dié kompetisie die afgelope agt jaar sterk laat groei.
Die organiseerders is reeds fluks besig met die beplanning van die volgende kompetisie wat vir 20 Mei 2022 geskeduleer is.
Old Unionites was die wenspan by vanjaar se springbokjagkompetisie. Hulle is agter, van links: Tokkels Lombard en Franco van der Merwe. Voor: Theo Dörfling, William Copeman, Jason Jacobs, Rhett Newton, Richard Collett en Sanneke van der Merwe.
Die wenners was as volg:
Plase
- Plaas met die swaarste bok -Joe Kroon (40.40 kg).
- Plaas met die ram met die langste horings - Joe Kroon (17 3/8 duim).
- Plaas met die hoogste gemiddelde gewig - Francois van der Merwe.
- Plaas waar die wenspan gejag het - Waterkrans (Franco van der Merwe).
- Jagter wat die swaarste bok geskiet het - Werner Landsberg (40.4 kg).
- Jagter met ram met langste horings - Werner Landsberg.
- Jagter met die ooi met die langste horings - Jannie Nel.
Spanne
1. Old Unionites - William Copeman, Richard Collett, Jason Jacobs en Rhett Newton.
2. 4 Bure - Dirk van Schalkwyk, Kosie van Schalkwyk, Zak van der Merwe en Theronie van der Merwe.
3. Voltrefferspan - Pieter Nel, Trompie Geldenhuys, Stanley Read en Devan Lotter.
Individuele wenners
1. Zak van der Merwe 2. Minnaar Delport 3. Dirk van Schalkwyk
Die Voltrefferspan het 'n verdienstelike derde plek losgeskiet. Agter: Tokkels Lombard. Voor van links: Theo Dörfling, Stanley Read, Pieter Nel, Devan Lötter, Trompie Geldenhuys en Sanneke van der Merwe.
Vier Bure was die tweede beste skietspan. Agter: Tokkels Lombard. Voor van links: Theo Dörfling, Dirk van Schalkwyk, Kosie van Schalkwyk, Theronie van der Merwe, Zak van der Merwe en Sanneke van der Merwe.
Dirk van Schalkwyk (middel voor) was die derde beste skut. By hom,van links is: Theo Dörfling, Tokkels Lombard en Sanneke van der Merwe.
Zak van der Merwe (tweede van links) was die beste individuele skut. Saam met hom, van links is: Theo Dörfling, Tokkels Lombard (agter), Zak van der Merwe, Linda van der Merwe, Francois van der Merwe en Sanneke van der Merwe.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'