Video
ABERDEEN NUUS - 'n Gesig so mooi soos reën in Aberdeen begroet tans die dorp: die padskraper het ná meer as 'n jaar opgedaag!
Die dorp se mense is uitbundig dankbaar, die voertuie staan stil want hulle moet nou reguit leer ry; en die jonghonde is vreesbevange vir die vreemde, groot, geel monster.
Alles en almal behalwe bandehandelaars is die Dr Beyers Naudé Plaaslike Munisipaliteit opreg dankbaar.
VIDEO - Die padskraper werk (Video: Alex Lombaard).
'Ons bring jou die nuutste Aberdeen, Karoo nuus'