GRAAFF-REINET NUUS - Narsingstraat Primêr in Graaff-Reinet wil langs hierdie weg die gemeenskap in kennis stel dat hul debutantebal, wat op Saterdag, 8 September, sou plaasvind, as gevolg van noodgedwonge herstelwerk aan die stadsaal uitgestel word.
Die geleentheid sal nou op 12 Oktober by die Botaniese Sportklub om 19:00 gehou word.
Individue wat reeds kaartjies aangeskaf het, word gevra om dit te bewaar - dit is steeds geldig.
Die skoolhoof, -bestuurspan, -beheerliggaam en personeel vra onverskoning vir enige ongerief veroorsaak.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'