KAROO NUUS - Hoër Volkskool se debatspan was die afgelope naweek by Stellenbosch se Woordfees, waar hulle aan die skole-debatskompetisie deelgeneem het.
Tydens die eerste rondte praat hulle teen Klein Nederberg, met die tema, 'Leë blikke maak die meeste geraas'.
Dáár dring hulle deur na die tweede rondte, en debatteer met Bloemhof oor 'Haastige hond verbrand sy mond'.
Die span het ongelukkig toe uitgeval, maar dit was 'n wonderlike ervaring. Die leerders sien met groot afwagting uit na volgende jaar se fees.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'