Update
GRAAFF-REINET NUUS - Terwyl baie lesers die Paasnaweek saam met vriende en familie geniet het, aan paaseiers gesmul het en die langnaweek ten volle benut het, was Graaff-Reinet se dierebeskermingsvereniging (DBV) nie so gelukkig nie.
Tydens die Paasnaweek is hul perseel deur inbrekers geteiken wat nie net 'n skootrekenaar en 'n mikroskyfleser gebuit het nie, maar ook vir Rex, een van die honde in hul sorg.
Luidens 'n plasing op die DBV se Facebook-blad het die inbrekers, wat steeds op vrye voet is, Saterdag 3 April die skootrekenaar en die mikroskyfleser gesteel en die volgende nag die perseel betree deur die grensheining oop te knip waarna hulle vir Rex gesteel het.
'n Paar weke gelede is van hulle selfone ook gesteel en moes hulle noodgedwonge hul noodnommer verander.
Die inbrekers het glo Rex se hok se heining geknip waarna hulle met hom weg is.
"Ons sukkel om die diere in die gemeenskap te help en hierdie ongegronde misdaad vererger ons benarde posisie net verder," lui die berig.
Enigiemand wat Rex gesien het, of wat weet waar hy is, of die DBV op enige manier wil help, word versoek om hulle by 072 123 1722 te kontak.
Die grensheining van die perseel is ook oopgeknip.
Vorige artikel: Dog stolen from SPCA
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'