KAROO NUUS - Inwoners van Graaff-Reinet en omgewing is almal diep bekommerd oor die heersende droogte.
Damvlakke is krities en boere smag vir reën.
Dié eerskomende Sondag, 3 Februarie, hou die Afrikaanse Protestante Kerk (AP Kerk) van Graaff-Reinet en Aberdeen ‘n bid- en dankdag vir reën.
Die kerk se gemeente nooi alle medegelowiges uit om dit by te woon en saam te bid vir ‘n einde aan die knellende droogte.
Die eerste geleentheid die oggend sal om 09:00 by die Adendorp Kerk gehou word, gevolg deur ‘n diens in Aberdeen by die AP Kerk om 11:00.
Ds Ben Wiese sal die dienste lei.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'