HOFMEYR NUUS - Die gemeenskap van Hofmeyr is in rou gedompel nadat dit vanoggend bekend geword het dat André Herselman (31), gistermiddag gesterf het na ñ skietongeluk op hul plaas Wilgepos.
Hy was die enigste seun van Willem en Alta Herselman, en hy laat sy eggenote Marisha en twee dogtertjies van 3 jaar en 5 mnde onderskeidelik na asook sy jonger suster Anelda Erasmus en haar gesin.
André was daarvoor bekend dat hy ñ puik Afslaer was, asook ñ kunskenner van formaat wat vir baie jare skilderye bemark het op plesierskepe waarop hy ook wêreldwyd gereis het.
Hy het ook ñ besigheid in Hofmeyr bedryf wat sekuriteitskameras bemark en gemonitor het.
'Ons bring jou die nuutste Hofmeyr, Karoo nuus'