WILLOWMORE NUUS - Die Dr Beyers Naudé-munisipalitiet het sopas ‘n kennisgewing uitgereik aan alle waterverbruikers in Willowmore.
Die munisipaliteit ondervind glo tans groot probleme met die lewering van water as gevolg van ‘n pypbreuk tussen Wanhoop en Willowmore.
Die infrastruktuur is baie oud en veroorsaak gevolglik aanhoudend breke.
Die damvlakke is gevolglik laag.
Dit noodsaak inwoners van die munisipaliteit om met onmiddellike effek geen water buite die huis te gebruik nie, met ander woorde, geen tuine natmaak of swembaddens opvul nie.
Willowmore inwoners word ook versoek om water baie spaarsamig te gebruik.
Die water sal periodiek onderbreek word, en die munisipaliteit sal so spoedig moontlik, sodra alle materiaal beskikbaar is, die pyp herstel. Daar word verwag dat wateronderbrekings soms sal voorkom.
lnwoners in hoogliggende gedeeltes moet verseker dat hulle altyd 'n emmer water beskikbaar het.
lndien die damvlakke baie laag daal, sal die munisipaliteit genoodsaak wees om selfs meer drastiese stappe, soos rantsoenering van water, te oorweeg.
lnwoners word versoek om asseblief onmiddellik alle waterlekke aan te meld en ook op die uitkyk te wees vir enige lekkasies in toilette (water wat aanhoudend loop vanaf die toiletwaterbak na die toiletpot).
lngevolge Verordening Nr 1628 van 20 November 2006 behou die munisipaliteit die reg voor om enige waterbeperkings in te stel om water te bespaar.
'Ons bring jou die nuutste Willowmore, Karoo nuus'