COLESBERG NEWS - Dit is haas ondenkbaar dat die immergroen Desmond Murray onlangs sy 80ste verjaarsdag gevier het.
Hy is op 31 Augustus 1937 op die plaas Fontyntjie gebore.
Hy en sy vrou Joey (née Pienaar) is op 18 April 1970 getroud en het toe op Agterstelaan gaan woon.
Met die natuurreservaat wat grond langs die Oranjerivier opgekoop het beland hulle toe op die bekende Slingersfontein.
Uit hierdie huwelik is twee dogters en een seun gebore.
Sy verjaarsdag is by River Destony met familie en vriende gevier.
Sy seun Anthony en gesin woon tans op Slingersfontein.
Mooi en gesonde jare word hom deur die gemeenskap toegewens.
'Ons bring jou die nuutste Colesberg, Karoo nuus'