KAROO NUUS - Die getal arrestasies vir geweldsmisdrywe toon hoë syfers in die Graaff-Reinet en Aberdeen-polisiedistrikte vir die tydperk 31 Januarie tot 6 Februarie.
Hierdie misdrywe sluit in aanranding, asook die beskadiging van eiendom.
Graaff-Reinet
• In Graaff-Reinet is agt verdagtes vir ernstige aanranding toegesluit, terwyl vier hulle in die polisieselle bevind het vir aanranding gewoon. Nog drie is gearresteer vir opsetlike saakbeskadiging.
• Een verdagte is vir verkragting aangekla.
• Oneerlikheidsmisdrywe het ses huisbraak arrestasies, sewe diefstal, een diefstal uit motor en een bedrog ondersoek tot gevolg gehad.
• Twee verdagtes is vir besit van dwelms toegesluit. Vyf mense is vir dronkenskap en wanordelike gedrag selle toe.
• Drie mense is vir verkeersoortredings aangekla.
Aberdeen
•Nege besope mense is toegesluit.
•'n Verdere sewe arrestasies is uitgevoer. Dit sluit in twee vir ernstige aanranding, een vir verkragting, twee vir poging tot moord, een vir huishoudelike geweld en een vir huisbraak.
Vonnisse
• Aanranding ernstig (Aberdeen): drie jaar gevangenisstraf, opgeskort vir vyf jaar.
• Diefstal: 12 maande gevangenisstraf, opgeskort vir vyf jaar.
• Diefstal: 12 maande gevangenisstraf, opgeskort vir 12 maande.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'