GRAAFF-REINET NUUS - Oneerlikheidsmisdrywe het weer die meeste arrestasies die afgelope week gesien.
In Graaff-Reinet het die polisie vermeende huisbrekers en diewe behoorlik vasgetrek. Geweldsmisdadigers moes ook in die polisieselle gaan afkoel.
Graaff-Reinet
Vier verdagtes is vir huisbraak vasgetrek. Vir ander diefstal verwante sake het nog drie verdagtes toegesluit. In die polisie se ondersoeke na 'n veediefstalsaak en een van inbraak in 'n motor, is een persoon in elke saak aangehou.
Een roofverdagte en vier verdagtes in aanrandingsake is voor die hof gedaag.
Vir die besit van dwelms is vier verdagtes aangekla. Een geweldenaar is vir opsetlike saakbeskadiging aangehou.
Drankmisbruik het weer vyf arrestasies tot gevolg gehad.
Twee mense is vir verkeersoortredings aangekla.
Aberdeen
Ses arrestasies is hier uitgevoer vir diefstal (1), aanranding (1), opsetlike saakbeskadiging (1) en dronkenskap (3).
Vonnisse
Huisbraak: Agtien maande gevangenisstraf, opgeskort vir een jaar.
Aanranding ernstig: Tien maande gevangenisstraf.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'