ABERDEEN NUUS - Op 15 Januarie om ongeveer 00:30 het 'n kuier tussen vriende tragies geëindig in Noordstraat, Aberdeen.
Na bewering het 'n argument ontstaan en een persoon het 'n ander noodlottig met 'n mes in die bolyf gesteek.
'n Ambulans is ontbied, maar by hulle aankoms is die slagoffer dood verklaar.
'n Moorddossier is geopen en die polisie is huidiglik op soek na die aanvaller. Na bewering is hy ook 'n inwoner van Aberdeen en het te voet gevlug ná die insident.
Geen verdere inligting is op die oomblik bekend nie.
'Ons bring jou die nuutste Aberdeen, Karoo nuus'