KAROO NUUS - Newlands Angoras en Gasverkopers het verlede week, 30 November, hulle jaarlikse Angora-ramveiling op die plaas, Newlands in die Aberdeen-omgewing aangebied.
Kopers en verkopers het vanoor die land gereis om hierdie gesogte veiling by te woon.
Roelfie van der Merwe van die plaas, Newlands, vertel dat die veiling goed afgeloop het, en dat hy gelukkig is met die pryse wat behaal is.
Ses telers, Samil (Angela Research), Stephan Erasmus (Erasmus Angoras), Jannie Lategan (Fairview Angoras), Hans Greeff (Grootfontein Angora Stoet), Petrus Marx (Marwyk Angoras) en Roelfie van der Merwe (Newlands Angoras), het altesaam 60 ramme van die versorgde ramprojek op die veiling verkoop. Van der Merwe sê dat hy baie beïndruk is met die besondere genetika van die diere.
Die klassering van die 270 Angoras is deur House of Fibre gedoen.
Pryse op die veiling behaal
- Duurste ram: R57 000
Koper: Marwyk Angoras (Petrus Marx) van Wolmaransstad
Verkoper: Grootfontein Studente Angora Stoet van Middelburg
Gemiddelde pryse
- R13 321 vir 42 ramme
- Stoetramme: R38 600
- Uitgesoekte kudde: R27 500
- Kudde: R7 772
Wissel tweetandooitjies
- Duurste kraal: R1 900 per ooi
- Gemiddeld: R1 568 per ooi vir 207 ooie
Van die 60 Angora-ramme was tydens die veiling opgeveil is.
Die Angora-ramme van topgehalte telers was op die veiling beskikbaar.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’