SOMERSET-OOS NUUS - Die Angora ramveiling-seisoen het op 15 November geopen met die eerste veiling te Somerset-Oos.
Dit is histories die oudste Angora-ramveiling met die eerste veiling gehou ter plaatse in 1954.
Meeste van die top stoetramme in die geskiedenis is tradisioneel op die veiling verhandel.
Schalk Nel en sy seun Andreas, van Steytlerville het die hoogste prys betaal van R39 000 vir ‘n uitstekende stoetram van Jordi en Gay van Hasselt van Prins Albert.
Stoetramme het teen ‘n gemiddelde prys van R23 000 verhandel, terwyl bo-gemiddelde ramme teen R14 000 verkoop het. Goeie kudde ramme het gemiddeld R5 900 behaal.
'Ons bring jou die nuutste Somerset-Oos, Karoo nuus'