GRAAFF-REINET NUUS - 'n Uitreik na Maleisië het die toekomsdroom van Anesca Kriel van Steynsburg gevorm, en sê sy nou dat sy graag voltyds in die bediening wil bly.
Hierdie oud- leerder van Hoërskool Burgersdorp het in 2019 gematrikuleer en daarna haar opleiding by UofN (University of the Nations), beter bekend as YWAM (Yourth With A Mission) in Port Elizbeth, voltooi.
Hoe het die uitreik na Maleisië gerealiseer?
Kriel was deel van die personeel van die April Troubadour Discipleship Training School (DTS) groep in Worcester en het deel gevorm van dié uitreikspan van tien studente en drie personeellede wat na Maleisië gereis het.
"Ons het hard gebid vir 'n uitreik-bestemming en het saam op Maleisië besluit."
Die groep se eerste bestemming was die hoopstad Kuala Lumpur, waarna hulle vir vyf weke in Ipoh en twee weke in Kuala Lumpur, spandeer het.
Hulle het ondermeer met sang, dans en toneelspel, 'n toneelstuk opgevoer wat die volle evangelie uitgebeeld het. Die groep het ook skole en kerke besoek, maar hulle fokus op straatevangelie geplaas en volgens Kriel was die pragtige parke en markte die perfekte areas om kwaliteit gesprekke met mense te kon voer.
Kriel sê dat dit vir haar sleg was dat die Maleisiëse regering alle Maleisiërs wat in 'n Maleisië-familie ingebore is, verplig om Islam of Muslim te wees en volgens haar maak dit dié groep mense dus 'n onbereikte volk.
"Uitreikgroepe moet baie versigtig wees oor hoe hulle te werk gaan. Die res van die bevolkingsgroepe het vryheid van geloof."
Vir haar het die mense van Maleisië haar beïndruk en sê sy dat mede-Christene se harte vir God en die bediening bemoedigend was in hulle tyd daar.
Wat beplan sy vorentoe?
Sy gaan vir die volgende jaar saam met 'n Suid-Afrikaanse familie, wat sendelinge in die Amasone is, in Suid-Afrika toer.
"Dit sal my 'n breër insig gee hoe familielewe en bediening vir my as 'n toekomstige vrou en ma in die bediening sal lyk. Ek is baie opgewonde." Sy beplan ook om in die toekoms sendingwerk in die Amasone te gaan doen.
Kriel se grootste langtermyn droom is om haar eie kampterrein of gasteplaas te besit was as 'n opleidingssentrum of kampterrein/gasteplaas te hê vir Christelike kampe. Ek sal ook graag sendingwerk in die Amasone wil gaan doen."
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'