GRAAFF-REINET NUUS - Die gesoute sanger en liedjieskrywer André Swiegers gaan op Saterdag, 4 Augustus, by die Legends-kroeg by die Botaniese Sportklub ‘n draai maak waar hy die gehoor met sy musiek gaan vermaak.
André het sy deurbraak in 1990 in musiek gemaak toe Laurika Rauch sy liedjie ‘Blou’ sing en dit trefferstatus bereik.
Van sy treffers wat hy self sing sluit in: ‘Eva’, ‘Blou’ en ‘Jammer om te hoor’.
Kaartjies vir die vertoning kos R120 elk en kan telefonies by 066 012 8152 bespreek word of stuur ‘n e-pos aan legends@ouryard.co.za om meer hieromtrent uit te vind.
Die koste van die kaartjie sluit ‘n ligte ete in. Die vertoning begin om 19:00.
Kom luister na sy weergawes van Bob Dylan, Kris Kristofferson, Cat Stevens, Paul Simon en Peter Sarstedt en ander - ook na sy eie skeppinge - bekendes en splinternuwes.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'