GRAAFF-REINET NUUS - Op Woensdag 29 November het Graaff-Reinet Advertiser se span van nege hulle jaareindfunksie by Cold Stream gehou.
Dit is die eerste keer dat die hele span mekaar ontmoet en was dit behoorlik 'n lekker oor en weer kuier.
Die persoon wat die vêrste gereis het was Teresa Opperman van Hofmeyr, vergesel van haar man Roelf.
Almal het lekker saam geëet, grappies gemaak en idees uitgeruil - na 'n paar ure se kuier was dit tyd om te groet. Die koel windjie wat gewaai het, het almal vinnig na hulle motors laat skarrel, maar nie sonder 'n groet in die verte en hart vol van blydskap nie. Ons maak weer so volgende jaar.
Nooi gerus die Advertiser uit na julle jaareindfunksie, of stuur vir ons foto's om met die gemeenskap te deel.
Kloksgewys van voor is Sonia Wahl (redakteur), Sylvia Zenani (ontvangs), Thinus Ferreira (aflewerings), Corrie van Zyl (bemarker), Eddie Brett-Rite (vryskut) Roelf en Teresa Opperman (vryskut), Neco Bokwe (vryskut) Chriszanne Janse van Vuuren (vryskut) en Pieter Pienaar (vryskut). Foto: Sonia Wahl
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’